Resepte

2de plek wenner Liesl Herwig se Donker sjokoladekoek

Donker sjokoladekoek

  • 10 ml koffiepoeier
  • 250 ml kookwater
  • 320 g ligbruin suiker
  • 240 g bruismeel
  • 100 g kakao
  • 10 ml koeksoda
  • 5 ml kaneel
  • 2,5 ml sout
  • 2 ekstragroot eiers
  • 250 ml karringmelk
  • 125 ml olie
  • 10 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180ºC. Spuit 3 panne van 20cm met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier. Los die koffiepoeier in kookwater op en laat afkoel. Sif die droë bestanddele saam. Meng die nat bestanddele. Kombineer die nat en droog, maar moenie bekomerd wees dat dit ’n slap mengsel is nie. Verdeel beslag tussen koekpanne en bak in warm oond vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Keer koeke op afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel.

Witsjokolade-versiersel (vir die middel van die koek):

  • 100 g witsjokolade van goeie gehalte
  • 140 g sagte ongesoute botter
  • 140 g versiersuiker, gesif
  • 1 e (15 ml) room (opsioneel)

Smelt die witsjokolade in mikrogolf en roer ná elke 30 sekondes. Of smelt dit in ’n bak oor kookwater. Klop die botter en versiersuiker tot lig en romerig. Voeg die witsjokolade en room by die versiersuiker en meng goed.

Sjokolademout-versiersuiker (vir bo-op die koek):

  • 250 g sagte, ongesoute botter
  • 360 g versiersuiker, gesif
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 80 g Ovaltine of Horlicks
  • 125g donkersjokolade van goeie gehalte
  • 70 ml room

Klop die botter en versiersuiker tot lig en romerig. Voeg die vanielje en Horlicks by en meng goed. Smelt sjokolade, voeg by en meng goed. Voeg laastens die room by en meng goed tot gladde versiersuiker.

Wenk: Die hoeveelheid versiersuiker is genoeg vir binne sowel as bo-op en buite-om die koek. Versier met Maltesers of Chuckles en sjokolade-vermicelli.

  • Lettie van Zyl

    Goeie dag

    Grondboontjiebotter-sjokoladekoek

    Ek verneem graag of die hoeveelhede
    15 ml koeksoda en
    15 ml bakpoeier
    in bogenoemde resep korrek is?

    Ek het die koek gebak, dit het effens in die middel ingesak, die kombuis het baie na koeksoda geruik gedurende die bakproses.

    Groete

  • Petro

    xx

  • anita

    dit lyk heerlik

  • Rhona

    Het ook met groot opgewondenheid die Grondboontjiebotter-sjokoladekoek gebak. Ongelukkig het my poging plategeval en pure koeksoda gesmaak. Wat het ek verkeerd gedoen?

  • Hannah Langenhoven

    Bly ek het die kommentaar gelees, want wou ook die naweek dit bak maar nou is ek bang. Hoop Sarie gaan reageer want dit is dan die wenkoek. as 2 persone die probleem gehad het is daar fout!!!!

  • Alida Ryder

    Hi julle.

    Dit lyk my daar was ‘n printing glips gewees. In my oorspronklike resep vir die grondboontjie koek is daar slegs 7.5ml bak poeier en 7.5ml koek soda in die koek. Ek dink dit was bloot ‘n ongeluk dat hulle 15ml ge’print’ het. Ek is regtig jammer hier oor en ek hoop julle sal weer probeer om die koek te bak.

    Groete,
    Alida Ryder.

  • Hannelie

    Ek het ook die Grondboontjiebotterkoek gebak en dit was ‘n totale flop – heeltemal platgeval. Wat kon die rede gewees het? Te veel smeer? Te veel rysmiddel. Ek is bly ek’s nie die enigste wat met die resep ‘n probleem het nie. Ek het al ‘n kompleks oor my koek altyd flop. Hoe pas ‘n mens die koeke aan vir hoogte bo seespieel? Ek dink Sarie KOS se resepte word by seevlak getoets en ek het al agtergekom dat ‘n koek wat my ma met groot sukses by seevlak gebak het, ‘n totale flop is as ek dit bak.

  • Ria Van Vuuren

    Jammer baie teleurgesteld met die wenkoek!!! Myne het tot op die pan se bodem platgeval. Bestandele gemors. Sou verassing vir my dogter se verjaarsdagpartyjie wees. Nou moet ek vinnig maar iets gaan koop.

  • Elrina Butler

    Ek was ook baie opgewonde vir die wenkoek resep koop alles en doen alles presies soos resep se maar sit met ‘n koek wat in die middel ingesak het en smaak goor, jammer sal hom beslis nie weer probeer nie.

  • H Oosthuizen

    Het nog nie self probeer nie, maar my skoonsuster het die grondboontjiekoek gebak en ook gevind dat hy platval in die middel en baie breek/bros is… is die baie vloeistof reg?.. dankie ek sien die koeksoda en bakpoeier is te veel… maar die vloeistof pla my ook n bietjie (moet se die koek het n baie lekker smaak.. al kon sy toe nie by die versiersel uitkom nie!!

  • Lizette Bredenkamp

    Ek het ook dadelik weggespring en begin bak, maar o genade hy rys so mooi, en toe ek weer kyk val hy plat in die middel. Al het hy platgevaql is dit ‘n baie lekker geurige klam koek. My man sê toe ek kan nie bak nie. Ek sê toe my suster moet dit probeer miskien is die rysmiddels te veel, en sy moet minder gebruik, en hom baie goed laat afkoel. Toe val haar poging ook plat. Nou gaan ek vir my man al hierdie kommentaar wys, en al die volgende pogings alleen opeet, hy kry niks.

  • Trudie

    Ek het die grondboontjiebotter sjokoladekoek al 2 keer gebak (direk uit die tydskrif uit) en altwee kere was ‘n geweldige sukses. Myne het glad nie plat geval nie. Ek sal dit beslis nog baie keer in die toekoms maak! Dankie Sarie!

  • Tanja du Toit

    Ek het so pas my Grondboontjiebotter-sjokoladekoek uit die oond gehaal. Groot is my teleurstelling. My koek het plat geval reg in die middel. Het alles presies afgemeet en niks verkeerds gedoen nie. Sal nog steeds versiersel aanmaak. Nou net n 2 laag koek en nie meer n 4 laag koek nie. Lyk baie lekker al is hy nie perfek.

    Het wel gisteraand tot groot vreugde van my 2 dogtertjies die kaasmuffins op bl 56 gebak. Heerlik. Is tot in kosblikke saam skool toe.
    Dankie vir puik tydskrif.

  • Tanja

    Dankie Alida, ek het die koek n 2de keer aangemaak en 7,5 ml vir beide bakpoeier en koeksoda gebruik. n Geweldige sukses – ek glimlag weer en sien uit na die versier daarvan.

  • Marietjie

    Nou voel ek sommer beter, al twee probeerslae was ‘n flop – toe dink ek dalk ek het my "touch" verloor.

  • Tersa

    Ek het die "Njammieste Sjokoladekoek" met grondoontjiebotter met baie entoesiasme probeer en bykans al die deeg van die oondrak afgekrap!! Wat ‘n gemors!! ‘n Vriendin (wat ‘n ervare bakster is) het toe DRIE groter pane probeer en ook die deeg van die oondrakke af bymekaar gemaak want hierdie is nie die goedkoopste resep nie!! Het "Sarie Kos" die resep getoets voordat hulle die resep as die wenner aangekondig het!! Sal graag wil weet.

  • Sonet

    EK het ook die grondboontjiebotter-sjokaladekoek gebak vie en familie byeenkoms.. al het die koek suksesvol uitgekom het almal maar baie lanktand daar aangeeet en het ek die volgende dag meer as helfte van die koek vir die bediende gegee… dit was rerig nie njummie nie…

  • Correne Hitge

    Ek is deur my suster vertel van hierdie wen-koek wat sy gebak het en dat dit ‘n verskriklike lekker sjokoladekoek is. Ek is self geen bobaas kok nie en bring maar min tyd in die kombuis deur, maar het tog besluit om die koek te probeer. Ek het dit gebak vir my skoonouers se huweliksherdenking wat op die 31ste Des was. Behalwe vir die effense duikie in die middel van die koek het my eindproduk net soos die foto gelyk en sowaar die lekkerste sjokoladekoek wat ek al ooit geeet het. Al die familie het daaroor gejuig.
    Dankie Sarie Kos!

  • Correne Hitge

    Ek is deur my suster vertel van hierdie wen-koek wat sy gebak het en dat dit ‘n verskriklike lekker sjokoladekoek is. Ek is self geen bobaas kok nie en bring maar min tyd in die kombuis deur, maar het tog besluit om die koek te probeer. Ek het dit gebak vir my skoonouers se huweliksherdenking wat op die 31ste Des was. Behalwe vir die effense duikie in die middel van die koek het my eindproduk net soos die foto gelyk en sowaar die lekkerste sjokoladekoek wat ek al ooit geeet het. Al die familie het daaroor gejuig.
    Dankie Sarie Kos!

  • Marinda

    Hallo,Myne was ‘n sjoklit vulkaan in die oond soos dit borrel en dan middel toe stroom en tragedie op tragedie: platval! Ek voel beter noudat ek gelees het dit was nie net ek nie.

  • Gerhardus de Jager

    Eerste poging van donker sjokoladekoek was reuse sukses en smaak heerlik – ek is nie ‘n bakker se dinges nie.

  • Anne Campbell

    First time I tried this cake, it looks wonderful except I baked it in a 22cm square tin and it came out good, and tastes nice and moist. Thank you for the wonderful recipe

  • Maureen Dreyer

    Baie dankie vir die wonderlike resep. Ek is absoluut mal oor die maklike resep . Ek het my vriendinne vreeslik beindruk met my tuisgebak.Nogmals dankie. Is alweer besig om die treffer te bak.