Resepte

2de prys Tamatiebredie: Estelle Share

Tamatiebredie

(4 porsies)

  • 45 ml sonneblomolie
  • 125 g ontbeende lamsrib in ewe groot porsies gesny – hou die bene
  • 700 g kortgesnyde lamskenkels
  • 2 gekapte middelslag-uie
  • 1 gekapte groenrissie
  • 1 klein fyngerasperde knoffelhuisie
  • 1,5 cm-stuk vars gemmer, geskil en fyngerasper
  • 15 ml vars tiemieblare
  • 45 ml gekapte vars koljander
  • 500 g ryp tamaties, skil verwyder en gekap
  • ½ skaapaftrekselblokkie
  • 50 g tamatiepasta
  • 125 ml droë witwyn
  • 30 ml suiker
  • 90 ml perske-blatjang
  • 4 koppies gaar witrys

speserymengsel

  • 3 ml vinkelsaad
  • 3 kardemomsade, gekneus
  • 2,5 ml (½ t) seesout
  • 1,25 ml (¼ t) varsgemaalde swartpeper
  • 1 klein lourierblaar

Verhit oond tot 160ºC. Berei speserymengsel Maak vinkelsaad in ’n stamper en vysel fyn. Meng fyngemaakte vinkel met gekneusde kardemomsade, lourierblaar, sout en peper in ’n bakkie en sit eenkant.

Maak bredie Verhit 30 ml olie in ’n groot emalje-gietysterpot oor matige hitte en braai die lamskenkels en -rib saam met die bene, bietjies-bietjies op ’n slag, tot oraloor bruin. Haal uit en hou eenkant, gooi bene weg. Verhit 15 ml olie in dieselfde pot en soteer uie, groenrissie, knoffel en gemmer tot sag. Voeg speserye, tiemie, koljander, tamaties, skaapaftrekselblokkie, tamatiepasta, wyn en suiker by. Verlaag hitte en prut vir sowat 20 minute. Plaas rib en skenkels terug in pot en meng goed deur. Sit deksel op en bak in oond vir 1½ uur. Haal uit oond, voeg blatjang en koljander by en plaas terug in oond. Bak vir nog sowat ’n halfuur. Haal deksel af en bak oop vir 30 – 45 minute, afhangend van hoeveel sous jy wil hê. Sit voor met witrys.