Resepte

3de plek wenner Lizette Bredenkamp se gebakte souskluitjies

(6-8 porsies)

Sous

  • 1,5 liter water
  • 300 g (375 ml) suiker
  • 15 ml botter of margarien
  • 5 ml kaneel
  • 2 ml sout

 

Deeg

  • 275 g (500 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
  • 15 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 25 g (30 ml) botter of margarien
  • 2 eiers, geklits
  • 125 ml melk
  • kaneelsuiker na smaak

 

Verhit oond tot 150 ºC (300 ºF).

Vir die sous Verhit water, suiker, botter of margarien, kaneel en sout saam tot kookpunt. Kook 3 minute.

Vir die deeg Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter of margarien met die vingerpunte in die meelmengsel tot goed gemeng. Meng die eiers en melk, voeg dit by die meelmengsel en meng tot ’n deeg. Gooi die kokende stroop in ’n groot, diep oondskottel met deksel. Skep lepels vol deeg in netjiese hopies in die sous – doop elke keer die lepel in die warm sous voordat jy die volgende kluitjie skep.

Strooi kaneelsuiker na smaak bo-oor en sit die deksel op. Bak die kluitjies vir 40 minute en sit warm voor.

(Die resep kan met sukses verdubbel word.)

  • M – Bakker in Alberton

    Hierdie is die beste souskluitjies ooit!

  • Nicollette le Roux

    Hmmmmm…dit lyk lekker!!!

  • Ilske

    Sjoe, dis werklik heerlik en so flater-vry en maklik!

    10 uit 10 Mamma!

  • joey

    Ek maak dit ook. Baie lekker