index
Resepte

6-uur tuis, eet half-7: pasta onder R150 vir 4

Lekker eet hoef nie moeite, tyd en baie geld te kos nie. Pasta is gereeld ’n gunsteling op my tafel. Hier is 5 wenners wat jy maar deel kan maak van jou resepteboek. Die geheim van goeie pasta lê in die sous!

1. Vinnige bolognese

Bolognese is ’n wenner, want as jy hom voorsit, wéét jy almal gaan gelukkig wees en tevrede slaap! Dié een is min moeite en vol smaak.

sr1107kos30min_2_-570x746

 

2. Romerige pasta

Min dinge maak kosmaak so maklik soos daai klaargaar hoender wat jy by die supermark koop. Maak die sous met sorg: dis waar al die smaak van die gereg lê.

sr1110eenresept5etes_5_-570x746

 

3. Worsie-pasta

Die supermarkte se rakke kreun onder geurige worsies wat vra om as bestanddeel in dié pastasous gebruik te word.

sk11046h_4_-570x758

 

4. Murgpampoentjie-en-ricotta-pasta

Dis nie nodig om altyd vleis te hê vir aandete nie. Probeer hierdie vegetariese pasta, ek belowe jou dis so lekker dat jy nie eens vleis gaan mis nie.

mg_2621-570x741

 

5. Penne met chorizo, steurgarnale en sampioen

Enige resep met steurgarnale as bestanddeel klink dalk duur en moeilik, maar kyk by jou supermark se vrieskasafdeling vir steurgarnaalsterte wat reeds skoongemaak is en goedkoper is. Dis gewoonlik van garnale wat minder mooi is, maar dis perfek vir pastageregte.

img_1385-570x740

Lees nou

In jou nuutste SARIE KOS: Toor met rooibos

3 voordele van tuinmaak

Lekkerste aartappelslaai