Resepte

8 uur-varklies

Genoeg vir 6

  • 500 ml sojasous laag in sout
  • 500 ml aftreksel van jou keuse
  • 4 heel knoffelhuisies
  • 4 heel steranys
  • skil van 1 suurlemoen
  • 5 ml vinkelsaad
  • 2 kg varklies, ontbeen
  • 8 koppe pak choi
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 100 °C. Plaas sojasous, aftreksel, knoffel, steranys, suurlemoenskil en vinkelsaad in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt oor lae hitte. Plaas varklies velkant na bo in oondroosterpan. Gooi sojamengsel oor.Maak pan toe met foelie en plaas in warm oond. Bak vir 8 uur of oornag.
Haal uit oond en laat afkoel in sous. Verwyder uit sous en plaas op bakplaat velkant na bo.Verhit oondrooster tot warm.

Plaas vark in oond en rooster vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en bros. Terwyl vark rooster, stoom pak choi so: Bring pot met water tot kookpunt. Plaas vergiettes bo-op sodat stoom deur gaatjies kom. Sit kool in vergiettes en stoom vir 1 – 2 minute of tot gaar.Geur goed met sout en swartpeper. Sit vark voor saam met kool.

Wenk

Dis ook lekker saam met appelsous.