Resepte

90-minute-brûlée

(6 porsies)

  • 250 ml melk
  • 1 kaneelstok
  • 4 eiergele
  • 45 ml strooisuiker
  • 25 ml mielieblom
  • 250 g mascarpone-kaas
  • nog strooisuiker vir bo-op

Verhit die melk en kaneel in ’n kastrol oor lae hitte. Laat stadig kook vir so 5 minute. Verwyder die kaneelstok. Klits die eiergele en die 45 ml strooisuiker tot lig. Voeg die mielieblom by en klits goed. Voeg die warm melk stadig by die eiergeel-mengsel. Gooi die eiermelkmengsel terug in die kastrol en voeg die mascarpone-kaas by. Meng goed. Laat kook tot dik oor lae hitte en roer aanhoudend (soos jy vla maak). Dit moet ook lyk soos dik vla. Verdeel die mengsel in ramekin-bakkies. Plaas ’n stukkie waspapier op elke bakkie – dit sal keer dat ’n vel bo-op vorm. Plaas in die yskas vir minstens 1 uur. Sprinkel sowat 1 eetlepel strooisuiker bo-op en karamelliseer met ’n gasbrander of onder die roosterelement van jou oond.