Resepte

Aarbei-en-vanieljelimonade

2 liter

  • 500 g aarbeie, grofgesny
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 1 vanieljepeul of 10 ml vanieljegeursel
  • 100 ml water
  • 2 liter sodawater of limonade

Plaas aarbeie en suiker in middelslagpot. Sny vanieljepeul oop met skerp mes, krap saadjies uit en gooi albei by aarbeie.Of voeg net geursel by as jy dit verkies. Voeg water by en bring tot kookpunt oor lae hitte. Laat prut vir 20 – 25 minute of tot aarbeie sag en pap is. Verwerk tot puree met staafmenger (stickblender). Plaas in yskas tot yskoud. Voeg sodawater of limonade by. Sit voor in klein glasbottels of in ’n groot beker met ys.