Resepte

Aarbei-malvalekkers

14-16 blokkies

  • 400 g (500 ml) suiker
  • 300 ml water
  • 2 x 10 g sakkie poeier gelatien
  • 1 ml sout
  • 5 ml vanielje-ekstrak
  • 100 g Gedroogte aarbye
  • 130 g (250 ml) versiersuiker

Week gelatien in die 200 ml water vir sowat 5 minute. Plaas geweekte gelatien in ’n bakkie wat in mikrogolfoond kan gaan. Smelt gelatien in mikrogolfoond teen lae temperatuur vir 30 sekondes. Gooi suiker en 100 ml water in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is. Suiker moet opgelos wees voordat stroop begin kook. Gooi gesmelte gelatien in ’n elektriese menger se bak en klits terwyl en begin klits sodra stroop 115 °C op suiker-termometer wys. Kook stroop tot 120 °C en gooi stroop in ’n dun straaltjie by die gelatien. Voeg sout en vanielje-ekstrak by. Klits vir sowat 10 tot 15 minute tot lig en koud. Skep mengsel in 20 cm by 30 cm bakplaat wat goed gespuit is met kleefwerende kosproei. Plaas in yskas tot styf. Plaas neute, aarbeie en versiersuiker in elektriese voedselverwerker. Verwerk tot growwe tekstuur. Sprinkel helfte op skoon houtbord en keer malvalekkers daarop uit. Sny in blokkies van 2 cm by 2 cm. Rol in res van aarbei-mengsel. Sit voor.