sr1005kos_4_
Resepte

Aartappel-en-sampioen-sop

(4 porsies)

  • 30 ml botter
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 250 g bruin sampioene
  • 600 g aartappels (4 tot 5), geskil en grofgekap
  • 2 takkies tiemie
  • 375 ml hoenderaftreksel
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 120 g baba-sampioene

Verhit botter tot warm in ‘n groot pot. Braai ui en knoffel tot lig en deurskynend. Voeg gekapte sampioene en aartappels by, verlaag die hitte en braai verder vir 10 minute.Voeg tiemie en aftreksel by en laat stadig prut totdat die aartappels sag en gaar is. Verwyder van hitte en gooi room by. Verwerk tot ‘n gladde puree. Geur goed met sout en peper. Gooi die warm sop in ‘n koffiefles en draai toe. Sit voor saam met baba-sampioene.

Pak kos in wat jy met die hand kan eet, dan hoef jy nie borde saam te neem nie – Herman