sr1201_1resept5maniere_7_
Resepte

Aartappel-en-speksop

(6 porsies)

  • 45 ml botter
  • 400 g dik spek (Kasselse tjops), in blokkies gesny
  • 4 grasuie, fyngekap
  • 1 x basiese oond-aartappels
  • 500 ml melk
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit botter in middelslag-pot tot warm. Voeg spek by en braai vir 5 minute of tot begin verbruin. Voeg grasuie by en braai verder vir nog 3 minute. Sny aartappels in growwe stukke en voeg by. Braai vir 5 – 8 minute. Voeg melk en room by en bring tot kookpunt. Laat stadig prut vir 5 minute. Verwyder van hitte en verwerk in voedselverwerker tot gladde mengsel. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.

Wenk
Vir ekstra tekstuur kan jy nog stukkies spek braai en as garnering op sop gebruik.