sr1105_30minutes
Resepte

Aartappel-koekies met geposjeerde eiers

(4 porsies)

• 4 aartappels, geskil en grofgerasper
• 80 ml koekmeel
• 20 ml origanum, gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 45 ml olyfolie
• 120 g kersietamaties
• 45 ml witwyn-asyn
• 6 eiers
• 140 g gerookte salm, in repies

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng aartappels, meel en origanum. Geur goed met sout en swartpeper. Verhit
olyfolie in ’n middelslag-braaipan. Verdeel aartappelmengsel in 4 ewe groot porsies en vorm ronde koekies. Sit in warm pan en braai tot goudbruin aan weerskante, sowat 2 minute. Plaas op bakplaat saam met kersietamaties in warm oond en bak vir sowat 10 minute tot gaar. Bring ’n pot met water
tot kookpunt en voeg die asyn by. Verlaag dan die hitte tot dit stadig prut. Breek eiers in individuele koppies en gooi eiers met een aksie in die water. Laat posjeer vir 3 minute vir sag.Verdeel salm tussen aartappelkoekies, gevolg deur sagte eier. Sit voor met warm tamaties.