Resepte

Aartappels met spek en groenbone

(6 porsies)

  • 8 middelslag-aartappels
  • 60 ml olyfolie
  • 30 ml botter
  • 250 g spek, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 400 g groenbone, stingels afgesny
  • hand vol salie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kook aartappels met skil aan in groot pot met water tot sag, sowat 15 minute. Dreineer en halveer. Verhit olyfolie en botter tot warm in middelslag-braaipan. Voeg spek en knoffel by en braai tot goudbruin en bros, sowat 5 minute. Voeg groenbone by en braai verder vir nog 5 – 8 minute of tot bone gaar maar
nog bros is. Voeg halwe aartappels en salie by. Braai vir 1 minuut. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.