20150810-591A9455
Resepte

Aartappels met speserye

Komyn en koljander is kenmerkend van eilandkosse aan die ooskus van Afrika. Saam met die legendariese Mrs H.S. Ball’s sorg dit vir heerlike aartappelgebak.

Die suiker in die blatjang karamelliseer soos die aartappels gaar bak.
genoeg vir 6

• 350 ml Mrs H.S. Ball’s-perskeblatjang
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 30 ml heel komyn
• 30 ml swart mosterdsaad
• 10 ml droë brandrissie, fyngekap
• 80 ml olyfolie
• 8 ongeskilde aartappels, gehalveer
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 hand vol vars koljander

Verhit oond tot 180 °C. Meng blatjang, knoffel, komyn, mosterd, brandrissie en olyfolie saam. Pak aartappels in oondroosterpan en gooi speserymengsel oor. Meng deur om seker te maak die aartappels is heeltemal bedek met die sous. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas oop in die oond en rooster 30 – 40 minute of tot aartappels gaar en goudbruin gebak is. Kap koljander fyn en sprinkel oor aartappels. Sit voor as bykos.

Mrs H.S. Ball’s is een van die borge van 30 Dae van Kos en Dekor. Die hoogtepunt vind 4 – 6 Maart by Gallagher-konferensiesentrum in Midrand plaas. Kom kuier saam! 

Lees nou