sr1201_1resept5maniere_5_
Resepte

Aartappelslaai

(6 – 8 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 250 g spek, fyngekap
  • 1 klein rooi-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 x 250 g-houer crème fraîche
  • 125 ml gehalte-mayonnaise
  • hand vol vars koljander, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 1 x basiese oond-aartappels
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan. Voeg spek by
en roerbraai tot goudbruin en bros. Plaas ui, knoffel, crème
fraîche, mayonnaise, koljander, sap en skil van suurlemoen
en spek in mengbak en meng goed. Sny aartappels in
wiggies en voeg by mayonnaise-mengsel. Meng versigtig.
Geur goed met sout en swartpeper. Laat in yskas afkoel tot
yskoud en sit voor.