FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Resepte

Aartappelslaai op ’n stokkie

6 porsies

• 500 g baba-aartappels
• 250 g laevet-strepiespek
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml Bulgaarse jogurt
• 1 hand vol dille, fyngekap
• 1 rooi-ui, fyngekap
• 6 agurkies, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 45 ml olyfolie
• 6 hout-kebabstokkies

Plaas aartappels in pot met koue water en bring tot kookpunt. Kook vir sowat 10 – 12 minute of tot net gaar. Laat afkoel. Draai helfte van aartappels toe in strepiespek. Ryg om die beurt een spekaartappel en een sonder spek op kebabstokkies, sodat jy 2 van elke aartappel op elke stokkie het. Meng jogurt, dille, agurkies, knoffel en rooi-ui saam. Geur met sout en peper. Kry kole mediumwarm. Verf kebabs met olie. Geur goed met sout en peper. Braai oor matige hitte vir sowat 5 minute per kant of tot spek lekker goudbruin en bros is. Sit voor met jogurtsous.