skm1005.dewetshof24
Resepte

Aioli (knoffel-mayonnaise)

(10 porsies)

  • 8 knoffelhuisies
  • 3 eiergele
  • 12,5 ml mosterd
  • sout en rooipeper na smaak
  • 800 ml grondboontjie-olie (of sonneblomolie)
  • 90 ml witwyn-asyn

Blansjeer die knoffel in kookwater vir ‘n minuut. Pers baie fyn. Gooi in ‘n glasbak. Roer eiergele, mosterd, sout en rooipeper deur knoffel. Voeg olie by – drup-drup aan die begin sodat dit met die eier bind en nie skif nie, en meng dat dit klap, met die hand of elektriese menger. Namate die eier en olie begin bind, kan jy olie vinniger by-voeg. Roer asyn deur wanneer al die olie by is.