Resepte

Amandel-appeltert

(6 – 8 porsies)

  • 1 x 400 g-rol broskors
  • 200 g botter
  • 200 g (385 ml) versiersuiker
  • 4 eiers
  • 200 g gemaalde amandels
  • 40 g koekmeel
  • 3 appels, ontkern en in kwarte gesny

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik ’n koekroller en rol broskors tot sowat 3 mm dik op ’n meelbestrooide
oppervlak uit. Voer ’n losboom-koekpan van 30 cm, wat met kleefwerende kossproei gespuit is, met die deeg uit. Klits botter en versiersuiker tot lig en romerig in ’n middelslag-mengbak. Voeg eiers een vir een by en meng goed. Voeg amandels en meel by.Meng goed. Gooi hele mengsel in tertkors. Pak appelskywe bo-op en plaas in warm oond. Bak vir 45 – 60 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.

  • boerekok in parys

    Wat julle in die tert gebruik is ‘n amandelroom (créme d’amande): gelyke hoeveelhede botter, suiker, eiers en amandelpoeier. Dis die basis vir die meeste vrugteterte in franse patiseries,veral vir appelkoos-, kersie-,peer- en pruimterte.Die appelweergawe sien ‘n mens egter minder gereeld. Die gewildste appeltert hier is net skywe appel wat in ‘n kors gebak word- ja, net vrugte in ‘n kors! ‘n Frangepani is egter ‘n 50/50 mengsel van amandelroom en bakkersvla.Die bekendste gebruik vir frangepani is seker vir die "Galette des rois" wat in Januarie in die bakkerye gevind word.