Resepte

Amandel-en-appeltert

(6 porsies)

  • 1 x 400 g-rol blaardeeg, ontdooi
  • 125 ml botter
  • 125 ml strooisuiker
  • 1 eier
  • 200 g (250 ml) fyn amandels
  • 65 ml koekmeel
  • 8 appels, geskil en ontklok

Verhit oond tot 200 °C.

Rol blaardeeg op meelbestrooide oppervlak oop. Gebruik koekroller en rol deeg tot sowat 3 mm dik uit en sny in netjiese reghoek. Sny reg rondom 4 stroke van 5 mm breed af. Plaas deeg-reghoek op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Verf rande met water en pak 5 mm repe al om die rand van die reghoek.

Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eier by en klits nog 1 minuut. Voeg amandels en meel by.Meng goed. Skep vulsel bo-op kors en versprei eweredig.

Sny appels met skerp mes in die helfte en dan in dun skyfies. Pak appelskyfies styf teen mekaar sodat die hele vulsel bedek is. Bak vir 30 – 35 minute of tot goudbruin en gaar.

Sit warm voor met roomys of dik room.

Herman se wenk

Die pastei is op sy lekkerste louwarm.