Resepte

Amandels

Almendras

  • 1,5 ml rooipeper
  • 30 ml sout
  • 30 ml botter
  • 60 ml olyfolie
  • 200 g gepelde amandels

Meng die sout en rooipeper in ’n bakkie. Smelt die botter saam met die olyfolie in ’n pan. Voeg nou die amandels by en braai vir 5 minute tot goudbruin. Dreineer deur ’n sif. Sit die amandels in die bakkie met die sout en rooipeper en meng goed sodat al die amandels behoorlik bedek is. Laat afkoel. Jy kan die amandels vir ’n week in ’n lugdigte houer bêre.