sr1112kos_14_
Resepte

Anderste Nicoise-slaai

(6 porsies)

  • 60 ml sagte botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 3 klein kreefsterte, gehalveer
  • 5 eiers
  • 500 g baba-aartappels, gekook tot sag
  • 100 g slaaiblare van jou keuse
  • 180 g groenbone, gedompel in kookwater
  • 200 g swart olywe, ontpit
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Viniagrette

  • 30 ml witwynasyn
  • 100 ml olyfolie
  • sap en skil van suurlemoen
  • 1 hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap

Meng botter, knoffel, sap en skil van suurlemoen saam. Verhit braaipan tot warm oor matige hitte. Smeer kreefsterte met bottermengsel op gesnyde kant en plaas in warm pan. Braai vir 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. (Die kreef is gaar sodra die hele dop rooi is.) Haal uit pan en hou eenkant. Bring pot met water tot kookpunt en plaas eiers in kookwater. Kook 5 minute vir sagte eiers of langer soos jy verkies. Dop eiers af.Halveer gaar aartappels. Plaas slaaiblare in groot slaaiskottel. Pak groenbone en aartappels op blare. Sprinkel olywe oor. Plaas gaar kreef bo-op.Halveer eiers en plaas op slaai. Geur goed met sout en swartpeper. Vinaigrette Meng al die bestanddele. Gooi bo-oor slaai en sit voor.