sk0212vinnig16
Resepte

Anderste spaghetti carbonara

(4 porsies)
Sny 500 g strepiespek in klein blokkies. Verhit 30 ml olyfolie in pan en braai spek tot bros. Kook 1 pak (500 g) spaghetti volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng spek en pasta saam en hou warm eenkant. Bring groot kastrol met water tot kookpunt en voeg 100 ml witdruiwe-asyn by. Breek 4 eiers in kookwater en posjeer vir sowat 2 – 3 minute. Die geel moet nog loperig wees. Meng 200 g fyngerasperde parmesaankaas en 40 g bronkors deur pasta en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas geposjeerde eier op pasta en sit dadelik voor.