Resepte

Appel-en-amandelpoeding

(4 – 6 porsies)

  • 90 g Stork Baking Margarine
  • 90 g bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 120 g fyn amandels
  • 40 g koekmeel
  • 2 ml bakpoeier
  • 10 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 3 appels, geskil en ontklok
  • 40 g bruinsuiker
  • 250 ml Stork Crèmendous Dessert Crème

1. Verhit jou oond tot 160 °C. Plaas die Stork Baking Margarine en bruinsuiker in jou voedselverwerker en meng goed. Voeg die eiers, amandels, koekmeel, bakpoeier en suurlemoenskil by en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondbak van sowat 30 x 20 cm. Smeer die mengsel egalig in die bak.

2. Sny die appels in kwarte en meng met die 40 g bruinsuiker. Druk die appels in die deegmengsel en bak vir 35 – 40 minute.

3. Klits die Stork Crèmendous Dessert Crème styf en bedien saam met die warm poeding.