Resepte

Appel- en bloubessiepoeding

(4 porsies)

Vulsel

  • 8 groen appels, stronk en skil verwyder
  • 150 g strooisuiker
  • 15 ml botter
  • 1 ml kaneel
  • 200 g bloubessies

Sny die appel in blokkies. Verhit in ’n diep pan met die suiker en botter tot die appels begin opbreek. Voeg kaneel en bessies by. Sit deksel op en kook vir ‘n paar minute tot die bessies bars. Verwyder van hitte en laat effens afkoel.

Deeg

  • 115 g koue botter
  • 220 g koekmeel
  • 10 ml strooisuiker
  • 1 ml sout
  • 2 eiergele

Verhit jou oond tot 200 ˚C. Rasper die botter in die meel en vryf in met jou vingerpunte tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die suiker, sout, eiergele en genoeg water by om ’n deeg te vorm. Knie ligweg met jou vingers. Bedek met kleefplastiek en verkoel vir 2 ure. Rol uit tot 3 – 4 mm dik. Smeer ’n darioolvorm met botter en voer met die meeste van die deeg. Laat dit effens oorhang. Vul en plaas ’n deksel gemaak van die orige deeg bo-op. Maak die rand netjies met ’n mes. Verf met geklitste eier en sprinkel ’n knippie strooisuiker oor. Bak vir 15 – 20 minute.