sr1012optel_7_
Resepte

Appel-en-okkerneutslaai

(6 porsies)

  • 45 ml suiker
  • 100 ml water
  • 1 x 100 g-pakkie okkerneute
  • 100 g slaaiblare van jou keuse
  • 4 groenappels, in dun skywe gesny
  • 3 stingels seldery, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 80 ml olyfolie
  • sap en skil van 2 suurlemoene

Bring suiker en water tot kookpunt in ‘n mediumgroot pan en laat stadig prut tot ‘n donker karamel – sowat 12 minute. Voeg neute by en meng goed. Keer uit op ‘n bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is en laat afkoel. Breek in growwe stukke. Sit slaaiblare en appels op ‘n opdienbord. Sprinkel seldery en karamel-neute oor. Geur goed met sout en swartpeper. Meng olyfolie, sap en suurlemoenskil. Sprinkel oor slaai en sit voor.

Wenk: Moenie die appels te lank voor die tyd sny nie, anders word dit bruin.