sr1207_hoofkos_50_
Resepte

Appelpastei in-’n-appel

(6 porsies)

  • 8 appels
  • 100 g bruinsuiker
  • 100 g rosyntjies
  • 10 ml vanielje
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 1 x 400g-rol blaardeeg
  • 1 eier, liggies geklits

Verhit oond tot 180 °C.

Gebruik skerp mes en sny die bokant van 6 appels gelyk af. Gebruik ’n lepel en skep eers die stronk uit en gooi weg. Skep res van appel se die binne kant uit, los sowat 5 mm rondom oor. Hou eenkant.

Skil en ontklok die oorblywende twee appels. Sny in klein blokkies. Sny die appel wat jy uitgeskep het ook in blokkies. Meng met suiker, rosyntjies, vanielje, sap en skil van suurlemoen. Skep terug in uitgeholde appels. Plaas op bakplaat.

Sny blaardeeg in 3 mm dik repe. Pak in ’n latwerk-patroon bo-op appels. Sny deeg wat oorhang netjies af. Verf met geklitste eier. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin.

Sit voor met room.

Het jy geweet?

Appels dryf in wateromdatsowat 25% vandie volume lug is.
China is die grootste produsent ter wêreld.
Elgin in die Overbergverskaf 60% vanons appels. Hier wasook SA se eerste appelplaas (1856), Grietjiesgat.
Daar is sowat 7500 variëteite wêreldwyd.
Appelbome dra ná sowat 5 of 6 jaar en kantot 60 jaar ’n oes lewer.
n Middelslag-appel bevat so368 kJ.

Bron: Wikipedia