Resepte

Aspersie-en-garnaalslaai

(genoeg vir 8)

  • 8 wit aspersies
  • 300 g groen aspersies
  • 45 ml olyfolie
  • 18 steurgarnale, doppe verwyder en skoongemaak
  • 1 hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Sous

  • 4 eiergele
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 g botter, gesmelt
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • ekstra suurlemoenwiggies

Bring pot met water tot kookpunt. Gooi wit aspersies in en kook vir 5 – 8 minute of tot aspersies sag maar steeds ferm is. Haal uit water met gaatjieslepel en hou eenkant. Gooi groen aspersies in dieselfde pot water vir 2 minute en dreineer. Hou eenkant.

Verhit olyfolie tot warm in ’n middelslag-braaipan. Roerbraai garnale saam met pietersielie vir sowat 5 minute of tot goudbruin en gaar. Geur goed met sout en peper.Hou eenkant. Sous Barbara Joubert het my dié kortpad om hollandaisesous te maak geleer: Meng eiergele, sout en peper in elektriese versapper (of voedselverwerker as jy nie een het nie). Smelt botter, suurlemoensap en -skil en voeg drupsgewys by eiergele tot dik sous vorm. Plaas aspersies en garnale op opdienbord. Gooi sous oor en sit voor met ekstra suurlemoenwiggies.