sr1104kos_30_min_5_
Resepte

Aspersie-quiche

(4 – 6 porsies)

  • 1 x 400 g-rol blaardeeg
  • 250 g spek, fyngekap
  • 170 g vars aspersies
  • 3 eiers
  • 100 ml room
  • 30 ml tiemie
  • sout en swartpeper

Verhit oond tot 180 ˚C. Spuit ‘n 9,5 x 33 cm-losboomquiche- pan met kleefwerende kossproei. Gebruik ‘n koekroller en rol blaardeeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 3 mm dik. Voer quiche-pan uit met deeg. Prik bodem met ‘n vurk en bak vir 10 minute of tot begin verkleur. Sprinkel spek op bodem van kors, gevolg deur heel aspersies. Meng eiers, room en tiemie saam. Geur goed met sout en swartpeper.Gooi bo-oor aspersies en plaas terug in oond. Bak verder vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gestol. Laat effens afkoel en sit voor met slaai van jou keuse.

wenk
As jy nie van aspersies hou nie, kan jy ook uie in dun ringe sny en dit saam met swartolywe gebruik as vulsel.

  • Elizabeth

    Dankie vir heerlike resepte! Ek wil net graag weet of u dalk in ‘n toekomstige uitgawe vir ons GOEDKOPER kos-resepte kan gee? Ek is werkloos en kan nie altyd die bestanddele van julle heerlike resepte bekostig nie.

    Dit sal my baie gelukkig maak (en ek seker vir ‘n paar ander mense ook!)

    Beste wense

    Elizabeth Avenant
    083 279 2955