nog_aspr
Resepte

ROER! Aspersies met hollandaisesous

(4 porsies)

  • 3 eiergele
  • 500 g botter, gesmelt
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g vars aspersies

 Bring ’n pot met water tot kookpunt en sit ’n glasbak bo-op. Die bodem van die bak moenie aan die water raak nie. Verlaag hitte tot water net stadig prut.  Gooi eiergele in bak en klits met ’n draadklitser tot lig en romerig. Sit botter stadig by terwyl jy aanhou klits tot mengsel dik en romerig is. Haal van hitte af. Voeg sap en skil van suurlemoen by. Geur goed met sout en swartpeper na smaak. Bring nog ’n pot water tot kookpunt. Breek onderste punte van aspersies af en sit aspersies in kookwater. Laat vinnig kook vir 1 minuut tot sag maar nog krakerig. (Al dente, soos die Fransman sal sê!) Dreineer aspersies en sit voor met hollandaisesous.