Resepte

Aspersies met tamatie-salsa

(2 porsies)

  • 1 bottel heel, wit aspersies
  • 200 g klein rosa-tamaties
  • 30 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • ’n hand vol vars basiliekruidblare

Dreineer die aspersies. Kap die rosa-tamaties fyn met helfte van die basiliekruidblare. Meng dit met die olyfolie en knoffel. Rangskik die aspersies op ’n bord en sprinkel die tamatie-salsa oor. Geur met sout en swartpeper, en garneer met die res van die vars basiliekruidblare.

Voorstel
Jy kan ook die aspersiestukke vir die resep gebruik. ’n Lekker lepel romerige mayonnaise is heerlik by die gereg.