sr1112kos_7_
Resepte

Baba-blomkool met amandel-en-suurlemoenbotter

(6 porsies)

  • 3 baba-blomkole
  • 45 ml olyfolie
  • 100 g botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 100 g gevlokte amandels

Bring ’n pot met klein bietjie water onderin tot kookpunt. Plaas blomkool in skoon vergiettes en plaas bo-op pot met water wat kook. Maak toe met tinfoelie en stoom blomkool vir 6 – 8 minute tot sag maar steeds ferm. Verhit olyfolie en botter tot warm in middelslag-pan. Voeg knoffel by en braai vir 1 minuut. Voeg amandels by en roerbraai tot amandels begin verbruin. Verwyder van hitte en voeg sap en skil van suurlemoen by. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas gaar blomkool in opdienbak en geur goed met sout en swartpeper. Skep amandelsous oor. Sit warm voor.