Resepte

Baba-eiervrug op platbrode

4 – 6 porsies

  • 12 baba-eiervrugte, gehalveer
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 45 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • 60 ml water
  • ekstra meel vir uitrol
  • 150 ml Bulgaarse jogurt
  • hand vol kruisement, gekap

Verhit oond tot 180 ºC. Plaas eiervrug in oondrooster-pan. Sprinkel knoffel en olyfolie oor. Geur goed met sout en peper en bak vir sowat 20 – 25 minute of tot sag en gaar. Plaas meel en water
in mengbak en knie tot ’n ferm deeg met ’n gladde voorkoms. Verdeel die deeg in 4 ewe groot balle en laat rus vir 10 minute. Strooi ’n lagie meel op jou werkoppervlak en rol deeg papierdun uit. Plaas
op bakpapier en bak vir sowat 5 – 8 minute of tot goudbruin en krakerig. Meng jogurt en kruisement, en geur goed met sout en peper. Sit gaar eiervrug met platbrode en jogurt voor.