sr1205_koshoof_8_
Resepte

Baba-hoenders op kapokaartappels

(6 porsies)

  • 2 uie, in kwarte gesny
  • 4 wortels, in ringe gesny
  • 250 ml witwyn
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 6 baba-hoenders
  • hand vol harde kruie (roosmaryn, tiemie, origanum)
  • 60 ml korrelmosterd
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 8 middelslag-aartappels
  • 250 ml room, louwarm
  • 60 ml botter
  • 45 ml olyfolie
  • 250 g bruin sampioene, grofgekap

Verhit oond tot 200 °C.

Plaas uie, wortels, witwyn en hoenderaftreksel in oondroosterpan. Sit hoenders bo-op, smeer mosterd oor en strooi knoffel oor. Geur goed. Bedek pan met foelie en rooster vir 45 – 60 minute. Rooster oop vir nog 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.

Kook intussen aartappels tot sag en gaar. Dreineer en voeg room en botter by.Maak met aartappeldrukker fyn tot roomsagte mengsel. Geur goed.

Verhit olie in pan en braai sampioene vir 5 – 8 minute of tot gaar. Voeg by aartappels en meng.

Sit hoenders voor met kapokaartappels en pansous.