Resepte

Baba-mozzarella en geroosterde pepers

Hoe maak jy ‘n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.

 

Baba-mozarella en geroosterde pepers
Rooster 3 rooi- en 3 soetgeelpepers wat jy met olyfolie bedruip het in ’n bakplaat. Sny 6 kleinmozzarella-balletjies in die helfte. Smeer ’n bruschetta met basiliekruidpesto. Plaas die pepers en mozzarella bo-op die bruschetta saam met ontpitte swart olywe, sowat 2 ansjovisfilette per broodjie. Gooi ‘n bietjie olyfolie oor en maal swartpeper bo-oor.