Resepte

Baguette met gebraaide filet en uie

(4 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g beesfilet
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 klein baguettes
  • 130 g bronkors (watercress)
  • 1 x 250 g-bottel uie-marmelade

Verhit olyfolie en botter tot warm in ‘n middelslag-braaipan. Voeg knoffel by en braai vir 1 minuut. Plaas beesfilet in warm pan en braai vir 5 – 8 minute per kant vir mediumgaar, of langer soos jy verkies. Geur goed met sout en swartpeper. Haal uit pan en laat rus vir 5 minute. Sny in dun skywe met skerp mes. Maak snit bo-op elke baguette en verdeel bronkors tussen brode. Plaas filet-skywe in snit gevolg deur uie-marmalade. Sit voor.

Wenk:
Draai broodjies in bakpapier toe en pak dit in vir werk of skool.