Resepte

Baguette met pangebraaide hoender en bloubessie blatjang

 4 porsies

  • 10 ml olyfolie
  • 1 groot ui, in repies gesny
  • 80 ml bruinsuiker
  • 250 g vars bloubessies
  • 10 ml gemmer, gerasper
  • 1 heel ster-anys
  • 100 ml witwynasyn
  • 10 ml botter
  • 4 hoenderborsies
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 groot Franse baguettes
  • 100 g vars aspersies, in kookwater gedompel
  • 1 pak (30 g) bronkors (watercress)

Verhit olyfolie in ’n medium-groot kastrol en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg suiker, bloubessies, gemmer, steranys en asyn by. Braai vir 2 minute. Verlaag hitte en laat prut stadig vir sowat 30 – 40 minute of totdat die suiker gekaramelliseer en die mengsel ’n taai voorkoms het. Laat koel af. Verhit ’n braaipan tot warm en voeg botter by. Geur hoender met sout en peper. Plaas hoender in warm pan en braai vir sowat 10 minute aan elke kant tot goudbruin en gaar. Verdeel bronkors en gaar aspersies tussen baguettes. Sny gaar hoenderborsies in skywe en plaas op baguettes. Skep blatjang oor en geur goed met sout en peper.