sk1010barbara001
Resepte

Basiese deegresep

Volg die volgende stappe om die kors vir verskeie quiches te maak. Onthou net, as dit by deeg kom, is botter die ding. Die hoeveelhede onder is korrek vir al die resepte en ‘n losboom-quiche-pan van sowat 16 cm

  • 200 g (360 ml) koekmeel
  • 100 g (110 ml) botter
  • 45 ml koue water

Sit meel en botter in voedselverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg water bietjie vir bietjie by tot dit ‘n deeg vorm. Haal uit en maak deeg toe met kleefplastiek. Laat rus in yskas vir minstens 30 minute.

1.Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak. 2.Vou deeg in ‘n vierkant en plaas binne gespuite of gesmeerde losboom-quiche-pan. 3.Vou deeg oop en druk in pan. Sny deeg met ‘n skêr. Die deeg moet nog so 3-4 cm oor die rand hang.
4.Sit bakpapier bo-op en vul met droë bone. Sit in warm oond en bak vir 15 minute. Dit word blind bak genoem. 5.Haal uit en verwyder bone en papier. Druk die oortollige deeg af op die rand van die pan. Nou kan jy die quiche vul met enige van die volgende vulsels.