sr1201hoofkos_9_
Resepte

Basiese vanieljeroomys

(6 porsies)

  • 250 ml melk
  • 250 ml room
  • 1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap, of 5 ml vanieljegeursel
  • 5 eiergele
  • 120 g (150 ml) strooisuiker

Bring melk, room en vanielje tot kookpunt oor matige hitte. Klits eiergele en strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg warm melk by romerige eiergele terwyl jy klits. Gooi hele mengsel deur ’n sif terug in ’n skoon pot. Plaas pot oor matige hitte terwyl jy heeltyd stadig klits. Hou aan klits, sowat 5 – 8 minute, tot mengsel die agterkant van ’n houtlepel bedek. Verwyder mengsel van hitte en gooi deur ’n sif. Laat afkoel tot yskoud. Gebruik vir een van die volgende variasies.

Wenk
Dis belangrik dat die mengsel nie kook nadat die eiers bygevoeg is nie, want dit sal skif. As jy wil seker maak dit gebeur nie, kan jy dit in ’n bain-marie maak. Dit duur net heelwat langer.