sr1109kosrespte_4_
Resepte

Basisresep van sponskoek

Gebruik die basisresep vir die sponskoek-resepte wat volg. Jy kan die koek net so voorsit vir ’n soetigheid.

(8 – 10 porsies)

  • 200 g (360 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 10 eiers
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 120 g botter, gesmelt
  • 300 g aarbeikonfyt
  • 250 ml room, styfgeklits
  • versiersuiker vir oorsif
  • 200 g vars aarbeie

Verhit oond tot 180 ˚C. Sif meel en bakpoeier saam. Herhaal die proses drie keer – dis belangrik om te verseker daar is baie lug tussen die meelkorrels vasgevang. Breek eiers in skoon mengbak en voeg suiker by. Klits teen hoë spoed vir 8 – 10 minute of tot dik en skuimerig. Vou gesifte meel en bakpoeier versigtig by eiermengsel in. Gebruik ’n groot metaallepel en vou in die vorm 8. Voeg gesmelte botter by en vou weer versigtig in. Voer 2 x 25 cm-koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende
kossproei. Verdeel mengsel tussen die twee panne. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit en laat afkoel.

  • Blommie

    Regtig 10 eiers?