sk1007bredie5
Resepte

Beesstert in rooiwyn

(4 porsies – sowat 4 uur)

  • sowat 140 g (250 ml) koekmeel
  • 2 kg beesstert
  • sowat 50 ml olyfolie
  • 3 groot wortels, geskil en in dik repe gesny
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 huisies knoffel, fyngekap
  • 1 lourierblaar
  • 1 bottel (750 ml) rooiwyn
  • 250 ml beesstert-aftreksel
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 250 ml kookwater

Verhit oond tot 180 ºC. Rol die beesstert-stukke in meel en skud oortollige meel af. Verhit helfte van olie in ‘n oondkastrol. Braai die vleis so 3 – 4 stukke op ‘n slag tot bruin en hou eenkant. Jy sal swart stukkies in die kastrol sien. Dis die meel. Maak die kastrol skoon en verhit die res van die olyfolie daarin. Voeg die wortels, uie en knoffel by. Braai die groente vir sowat 10 minute tot die uie sag en deurskynend is. Plaas die vleisstukke bo-op die groente. Voeg die lourierblaar, rooiwyn en aftreksel by. Geur met kruie, sout en peper. Sit die deksel op en plaas in warm
oond. Jy moet die bredie dophou sodat dit nie droog kook nie. As jy sien dit raak droog, kan jy ‘n bietjie van die kookwater byvoeg. Verlaag die hitte van die oond ná 3 uur tot 160 ºC. Laat verder stowe vir nog 1 uur. Die vleis moet letterlik van die bene afval.

  • http://rdjhjdbxtjqb.com/ zuvccdujuwq

    brxUUG zfydgnutjggg, [url=http://nhxrniagxipm.com/]nhxrniagxipm[/url], [link=http://zjzsyrbhbvam.com/]zjzsyrbhbvam[/link], http://pqjkthnikegn.com/