Foto's deur Lee Malan

Foto's deur Lee Malan

Resepte

Beet-en-bokmelk- tate tatin (omgekeerde tert)

Genoeg vir 2
Gaarmaaktyd: 30 minute

• 60 ml balsemasyn
• 200 g aarbeie
• 1 x 400 g-rol blaardeeg, ontdooi
• 25 g (30 ml) botter
• 300 g gaar oorskiet-beet, in blokke gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 100 g bokmelkkaas
• 125 g roomkaas
• klein hand vol vars koljander, grofgekap

Verhit oond tot 200 °C. Plaas balsemasyn en aarbeie in ’n voedselverwerker en verpulp tot fyn. Gebruik ’n ronde pan wat in die oond gesit kan word, plaas dit op die blaardeeg en sny ’n sirkel so groot soos pan se bodem uit. Smelt botter in dieselfde pan en voeg beet by.Braai beet tot dit begin kleur kry, so 5 minute. Voeg balsemasyn-en-aarbeimengsel by en laat kook tot helfte van vloeistof oor is. Verwyder van hitte en geur met sout en peper.

Plaas uitgesnyde blaardeeg boop beet en druk met jou vingers vas. Plaas in warm oond vir 20 minute tot gepof en bruin van kleur. Meng bokmelkkaas en roomkaas, hou eenkant. Verwyder tert uit oond en laat rus ’n paar minute. Keer uit op ’n bord en laat afkoel. Sprinkel koljander oor en sit teen kamertemperatuur voor met bokmelk-roomkaas.