Foto deur Lee Malan

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS FEB/MAART 2013

Bykos

Beet-en-kekerertjiepatee

Mooi genoeg om te eet!
(genoeg vir 6)

  • 450 g beet, gekook tot sag en gaar (sowat 8 bete)
  • 1 x 400 g-blik kekerertjies (chickpeas)
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml tahini-smeer
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas al die bestanddele behalwe die geurmiddels in ’n elektriese voedselverwerker en puree op hoë spoed tot gladde mengsel. As die mengsel te dik is, gooi nog olyfolie in dun straaltjie by terwyl verwerker loop. Geur goed met sout en swartpeper. Verkoel in yskas en sit voor met warm brood.

Wenk
Jy kan ook gebottelde beet gebruik vir die resep. Dreineer dit goed en weeg dan af.