sr1008kos_4_
Resepte

Beetkoek

Hierdie beetkoek is amper soos ‘n rooi fluweelkoek waar hulle rooi voedselkleursel gebruik vir die dieprooi-kleur. As jy dit nie wil insit nie, kan jy dit ook uitlos.

Basisresep

Met hierdie resep kan jy 5 verskillende groentekoeke maak (sien hieronder).

  • 420 g (750 ml) bruismeel
  • 15 ml koeksoda
  •  1 ml sout
  • 250 ml sonneblomolie
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 4 eiers

Verhit oond tot 180ºC. Sifmeel, koeksoda en sout saam. Meng olie, suiker en eiers. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Volg verder jou gekose variasie (onder) se metode.Al die koeke word in ‘n standaardgrootte losboom-ringpan (20 x 18 cm) gebak.

Beetkoek

Dis byna iets soos rooi fluweelkoek.

(6 – 8 porsies)

  • 5 ml fyn kaneel
  • 1 ml fyn neut
  • 500 ml beet, geskil en gerasper
  • 250 ml wortel, gerasper
  • 150 ml melk
  • 100 g pekanneute, gekap
  • 1 botteltjie rooi voedselkleursel

Bolaag

  • 250 g gladde maaskaas
  • sap en geel skil van 2 suurlemoene
  • 80 ml kondensmelk
  • vars bessies van jou keuse

Vou kaneel, neut, beet, wortel, melk, neute en rooi voedselkleursel by basisresep in. Spuit ‘n losboom-ringkoekpan met kleefwerende sproei. Gooi beslag in die pan en bak vir 35 – 40 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom. Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel. Meng bestanddele vir bolaag saam (behalwe bessies). Skep oor afgekoelde koek en sit voor.

Patat-en-sjokoladekoek
Witwortel-en-witsjokoladekoek
Piesang-en-gemengde-neutekoek
Pynappel-wortelkoek
  • Sanet Muller

    Ek dink ek sal eerder die pynappel wortelkoek neem

  • Laura

    Ek het Woolworth se Organiese Beet sap gebruik in plaas van die oelie. Daar was geen rooi mors op my vingers en die koek was heerlik.

  • Susan Freysen

    Die Beetkoek is beslis ‘n wenner, iets wat ek gaan probeer, klink na my idee
    van bak!! Het al lank gesoek vir hierdie resep.