skm1005.dewetshof21
Resepte

Bennie Stipp se wynhoender

(8 porsies)

  • 30ml olyfolie
  • 2 uie, in ringe gesny
  • 2kg hoenderstukke
  • ½ bottel witwyn
  • 4 lourierblare
  • 5ml droë tiemie
  • 5ml droë gemengde kruie
  • 1 hoender-aftrekselblokkie
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny

Verhit oond tot 180°C. Verhit olie in ‘n oondkastrol en braai uie tot bruin. Voeg hoender, witwyn, kruie en aftrekselblokkie by. Geur met sout en swartpeper. Sit deksel op en plaas in oond vir 1 uur. Voeg aartappels by en laat oop bak vir nog 1 uur tot bruin. Gooi ‘n paar takke vars roosmaryn boop vir die mooi en sit voor.

Om te drink:
De Wetshof Bateleur Chardonnay. Gehout en klassiek.