Resepte

Bessie-en-vlatert

(4 – 6 porsies)

  • 5 velle fillodeeg
  • 120 g botter, gesmelt
  • 5 eiergele
  • 80 g mielieblom
  • 100 g suiker
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 750 ml laevetmelk
  • 300 g vars bessies van jou keuse
  • versiersuiker vir oorsif

Verhit oond tot 180 ˚C. Verdeel fillovelle in twee ewe groot helftes. Smeer botter op eerste vel en sit nog een bo-op.Hou so aan tot al die velle botter tussenin het. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en spuit met kleefwerende sproei. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin.Terwyl dit bak, maak die vla só: Plaas eiergele, mielieblom, suiker en vanielje in ‘n groot mengbak en meng tot ‘n gladde mengsel. Bring melk tot kookpunt en gooi oor eiermengsel terwyl jy dit met ‘n draadklitser klits. Gooi mengsel terug in pot en klits oor lae hitte tot mengsel dik en gaar is, sowat 8 – 10 minute.Gooi mengsel in skoon bak en plaas kleefplastiek direk op mengsel. Laat in yskas afkoel. Plaas gaar fillo op opdienbord. Klits koue vla met draadklitser tot gladde mengsel. Skep vla op fillo gevolg deur bessies. Sif versiersuiker oor.