Resepte

Bessies met ricotta

(2 porsies)

  • 250 g frambose (raspberries)
  • 125 g bloubessies (blueberries)
  • gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 60 ml suiker
  • 100 g ricottakaas

Meng die bessies in ’n bak. Meng die gerasperde skil met die suiker en laat staan vir 20 minute. Sny die ricottakaas versigtig in kleiner stukke – onthou, dis ’n baie sagte kaas. Sit die ricottakaas bo-op die bessies en sprinkel die suikersuurlemoenskil oor.