Resepte

Bhel Poori

(4 porsies)

  • 500 g uie, gesny
  • 30 ml olie
  • 15 ml fyn komyn
  • 5 ml borrie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml gerasperde vars gemmerwortel
  • 1 groen brandrissie, ontpit en fyngekap
  • 3 tamaties, geskil en grofgekap
  • 1 kg aartappels, gekook en in groterige blokkies gesny
  • sout en peper na smaak
  • 200 ml jogurt

Braai die uie in die olie en voeg die komyn, borrie, knoffel, gemmer en rissie by. Braai vir ‘n paar minute terwyl dit heeltyd geroer word. Voeg die tamaties by, laat 3 – 5 minute prut. Voeg die aartappels by, geur met sout en peper en verhit tot deurwarm. Verwyder van die stoofplaat. Voeg die jogurt by, roer goed deur en laat afkoel tot kamertemperatuur. Skep in klein bakkies. Sit dit voor met poppadums of poori en twee soorte blatjang.