Resepte

Blitsige deli-mascarpone

  • 250 g mascarpone-kaas
  • 1 x 190 g botteltjie pesto
  • 1 x 190 g botteltjie sondroë-tamatie-tapenade

Kry ’n bottel wat groot genoeg is vir al die bestanddele. Roer die mascarponekaas tot glad. Skep ’n laag kaas in die bottel. Daarna ’n laag pesto en dan weer ’n laag kaas. Skep al die tapenade in, en dan weer ’n laag kaas en ’n laaste laag pesto. Sit ’n stukkie waspapier bo-op en maak die bottel toe. Los dit in die yskas vir minstens 4 uur en sit voor saam met lekker vars brood.