Resepte

Blitsvinnige koffiemousse

(4 porsies)

  • 250 g roomkaas
  • 250 ml room
  • 80 g strooisuiker
  • 60 ml baie sterk koffie (espresso), effens afgekoel
  • 4 – 8 Boudoir-koekies, grofgebreek

Klits die roomkaas met ’n houtlepel in ’n mengbak glad. Klop die room styf en vou dit in die roomkaas. Voeg die suiker en effens afgekoelde koffie by en meng goed. Skep in mooi glase of in ’n groot opdienbak. Sprinkel gebreekte Boudoir-koekies bo-oor. Jy kan ook wafer-koekies hierby voorsit.