sr1206hoofkos_8_
Resepte

Blomkoolsop met mosterdsaad-botter

6 porsies

• 70 ml botter
• 15 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 6 sprietuie, fyngekap
• 2 klein koppe blomkool, grofgekap
• 250 ml melk
• 500 ml groente-aftreksel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 ml mosterdsaad
• 60 ml botter

Verhit botter en olyfolie tot matig warm in middelslag-kastrol.

Voeg ui, knoffel en sprietuie by. Braai vir 2 minute. Stel hitte laer en sit deksel op. Laat ui in toe pot stowe vir 8 – 10 minute. Roer af en toe.

Voeg blomkool by en roer. Sit weer deksel op en stowe vir nog 5 minute.

Voeg melk en aftreksel by en bring tot kookpunt. Laat kook vir 20 – 25 minute of tot blomkool sag en gaar is. Geur goed met sout en peper.

Verwerk in voedselverwerker tot gladde mengsel.

Plaas mosterdsaad en 60 ml botter in middelslag-pot en bring dit oor lae hitte tot kookpunt. Laat stadig prut vir 2 – 3 minute of tot goudbruin.

Skep sop in bakkies en skep bruin mosterdsaadbotter bo-oor. Sit voor met brood.

Wenk
Die geheim is om die ui lank en stadig in baie botter te braai.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG

  • hettie

    Hou asb vir my.