Resepte

Bloubessie-en-kruisement-limonade

maak 1,5 liter

  • 250 g bloubessies (vars of bevrore)
  • sap van 5 suurlemoene
  • 160 ml witsuiker
  • 1 liter yskoue sodawater
  • hand vol kruisement

Plaas bloubessies, suurlemoensap en suiker saam in ’n medium-groot kastrol. Bring tot kookpunt en verwyder van hitte.Verwerk tot ’n puree in ’n voedselverwerker en verkoel in yskas. Meng die koue bessiestroop met sodawater en kruisement-blare.Verdeel tussen glasbottels om in te pak of sit voor in glase vol ys. Proe die stroop voordat jy die sodawater byvoeg. As dit nog baie
suur is, voeg ekstra suiker by of gebruik limonade pleks van sodawater.